upload
Teachnology, Inc.
Industry: Education
Number of terms: 10095
Number of blossaries: 1
Company Profile:
Bekwaamheid of geskiktheid: Aan sy bevoegdheid vir daardie soort werk twyfel niemand nie. 'n Individu se vermoëns soos wat dit verband hou met kennis, begrip en vaardighede; sien ook minimale bevoegdheid.
Industry:Education
Die geestesfunksie, -proses, -vermoë van waarneem, ken, herken, weet of besef. Al die bewussynsprosesse van perseptuele en konseptuele aard, in teenstelling met die bewussynsprosesse van konasie (die wil) en aflek (die gevoel), wat as die kontinuum van veranderende voorstelling binne die bewussynsveld dwarsdeur die wakende lewe voortduur en bestaan in die sintuiglike waarneming van voorwerpe in die fisies-geografiese omgewing, verbeelde herinnerings aan vorige waarnemings, die opdoen van feitekennis in die sin van leer, bewuste redenasie, oordeel en insig in 'n situasie, en die gebruik van beelde en simbole in die dinkproses.
Industry:Education
'n Virtuele omgewing wat mense toelaat om blitsvinnig oor die Internet te kommunikeer; die kommunikasies word tipies gestuur deur boodskappe te tik wat na alle mense in die geselskamer gestuur word, alhoewel sommige geselskamers kommunikasie via stem of video toelaat.
Industry:Education
'n Ondersoekende studieformaat van gevalle deur alle beskikbare inligting aangaande hulle in te win; die fokus word op 'n spesifieke groep, omgewing en tydsperiode geplaas om die unieke eienskappe van die spesifieke situasie te bepaal.
Industry:Education
Elektroniese weergawe van 'n kennisgewingbord; bulletinbordprogramme stel mense in staat om boodskappe te los, lees en daarop te reageer; dit word tipies gebruik vir belangegroepe, bepaalde onderwerpe en in afstandsonderrig.
Industry:Education
Die program wat jou in staat stel om prente, teks, animasie, beelde of films oor die wêreldwye web of kumberruimte te besigtig; dit is die verkorting van webleser. Lesers sluit Microsoft se Internet Explorer, Netscape se Navigator en Mozilla Firefox in.
Industry:Education
Beskik oor die kennis van twee tale; verwys tipies na 'n persoon wat twee tale kan praat en skryf.
Industry:Education
Lys van boeke, tydskrifartikels, ensovoorts oor 'n onderwerp wat deur 'n outeur in die voorbereiding van 'n werk of publikasie oorweeg en/of gebruik word; literatuurlys; ook: boek of tydskrif met dergelike lyste.
Industry:Education
Die meting van die hoeveelheid data wat deur kommunikasie- of netwerklyne via die Internet versend kan word. Hoe hoër die bandwydte, hoe groter is die hoeveelheid van inligting wat versend kan word.
Industry:Education
Sistematiese ondersoek van 'n organisme se aktiwiteite sonder inagneming van die bewussyn. Opvatting dat psigologiese verskynsels voldoende behandel en verklaar kan word deur studie van die reaksies van die organisme sonder inagneming van die bewussynsprosesse.
Industry:Education